Install latest flash player if you can't see this gallery, or click here to see the html version.
Ons het 'n dringende passie om die Koninkryk van God in die wêreld uit te brei! Daarom sluit ons langtermyn vennootskappe met sendelinge sodat hulle binne die konteks van hulle roeping, optimale Koninkryksuitbreiding kan bewerkstellig. God se bo-natuurlike werking, binne hierdie strategieë met ons sendelinge, vind op 'n daaglikse basis plaas. Ons gebruik media en skep kanale om die gemeente bloot te stel aan hierdie werking van God asook Sy praktiese teenwoordigheid op die sendingveld. Dit lei enersyds tot opbou van die gemeente maar andersyds skep dit 'n dringendheid by individue in die gemeente om elke dag self ook by Koninkryksuitbreiding betrokke te wees. Tiener Hartklop 10 Junie 2012 Vanaf 17:00 - 20:00 NG gemeente Lynnwoodrif
Tiener Hartklop 10 Junie 2012 Vanaf 17:00 - 20:00 NG gemeente Lynnwoodrif
Hoe lyk die wêreld van ons tieners? Hoe lewe hulle? Wat beteken kerkwees vir hulle? Kom luister na ons tieners en tieners van PEN Infusion, Echo Youth, VIVA Mamelodi en Lesedi sentrum as hulle hulle stories met mekaar deel. Kom word saam opgewonde oor die toekoms van ons tieners!
Designed by SAChurch.